伤官是什么意思| 砖茶是什么茶| 血糖高检查什么项目| 附属是什么意思| 半永久是什么意思| 网红是什么意思| 明年属什么| 68岁属什么| 铜绿假单胞菌用什么抗生素| 读书与吃药是什么生肖| 黑豆加红枣有什么功效| 属鼠的是什么命| mido手表什么档次| 95年属什么生肖| 查肝挂什么科| nt检查需要注意什么| 眼睛肿是什么问题| 什么野菜| 什么牌子的益生菌调理肠胃比较好| 结婚有什么好处| 占有欲强是什么意思| fsh是什么激素| 旬空是什么意思| 喘不上气挂什么科| 纳呆是什么意思| 梦见涨大水是什么意思| 高血压高血糖能吃什么水果| 小孩小腿疼是什么原因引起的| 暗送秋波什么意思| 属鼠的和什么属相最配| 哇哦什么意思| 眼神迷离什么意思| 副县长是什么级别干部| 黄芪什么人不能吃| 00年属龙的是什么命| espresso是什么咖啡| 什么情况下做心脏造影| 虎头什么尾| 瞳孔扩散意味着什么| 胃酸过多有什么症状| 来例假不能吃什么| 麻婆豆腐是什么菜系| ala是什么意思| 七一是什么节| 手串断了寓意什么| acg文化是什么意思| 什么时候闰正月| 红绿色盲是什么遗传病| 小蛇吃什么| 左脸上长痘痘是什么原因| 爱马仕为什么要配货| 干扰素是什么| 7.14号是什么节日| 长征是什么意思| 打呼噜有什么危害| 猪横利是什么| 什么人不能喝石斛| vd是什么意思| 95开头的是什么电话| 汗蒸有什么好处和功效| 脖子肿大是什么病的症状| 疖子用什么药膏最好| 蝴蝶什么意思| 滴水不漏什么意思| 什么叫溶血| 血糖高是什么原因引起的| 犯困是什么原因| 但微颔之的之是什么意思| 心肌梗塞是什么原因引起的| 小麦什么时候播种| 球蛋白是什么意思| 老年人吃什么奶粉好| 路的尽头是什么| 什么是卵泡期| 经期吃什么食物比较好| 女性阴毛变白是什么原因| 走仕途是什么意思| 流萤是什么意思| 此言念什么| 怀孕了什么时候做检查| geya是什么牌子的手表| 同人文什么意思| 梦见别人过生日是什么意思| 是谁在敲打我窗是什么歌| 小孩过敏性咳嗽吃什么药| 为什么要活着| 为什么会头晕| 嗨体水光针有什么功效| 什么是慈悲| 86年属虎是什么命| 智齿长什么样| 欧派什么意思| 按摩spa是什么意思| 喝白酒有什么好处| 潜行是什么意思| 花胶适合什么人吃| 足是什么结构| 涤纶是什么面料| 无非是什么意思| 上房是什么意思| 小孩口臭吃什么药| 波子是什么车| 脐橙是什么意思| 颤抖是什么意思| 出其不意下一句是什么| 图谱是什么意思| 上颚疼痛吃什么药| 什么汤什么火| 为什么总放屁| 笑话是什么意思| 脚气是什么菌引起的| 产后抑郁一般发生在产后什么时间| 佛陀是什么意思| 膝盖疼吃什么药好| 尿酸高是什么症状| 麻是什么| 植物神经功能紊乱吃什么药| 梦见网鱼是什么征兆| 家有喜事指什么生肖| 偏光太阳镜是什么意思| 有的没的是什么意思| 为什么指甲有竖纹| 高压高是什么原因引起的| 铜锣湾有什么好玩的| 虎皮羊质是指什么生肖| 狗肉和什么食物相克| 槊是什么意思| 皮肤一块块白是什么病| 胆囊炎什么不能吃| 青少年长白头发是什么原因| 女人山根低代表什么| 全飞秒是什么| 查胆囊挂什么科| 膀胱在什么位置图片| 紫字五行属什么| 什么是地中海饮食| 肝脏检查挂什么科| 山竹是什么| 信必可为什么轻微哮喘不能用| 养狗养不活是什么兆头| 打飞机是什么| 脖子痛挂什么科| 肾阴虚吃什么食物最好| 口腔医学和口腔医学技术有什么区别| 甲功三项能查出什么病| 辅助治疗是什么意思| 偷什么不犯法| 咳嗽去医院挂什么科| 3.7号是什么星座| 看结石挂什么科室| 黎山老母什么级别神仙| 刮痧不出痧是什么原因| 早上起来眼睛肿是什么原因| 耳石症吃什么药最好| 梦见涨水是什么征兆| 二龙戏珠是什么意思| 指甲长的快是什么原因| 军级相当于什么级别| 轻轻地什么| 丹凤朝阳什么意思| 3.5是什么星座| 门当是什么| 耳聋吃什么药| 鼻子干燥是什么原因| 脚踝扭伤挂什么科| 大张伟的真名叫什么| 眼屎多什么原因| 六月二七是什么星座| 外耳道疖肿用什么药| 下午5点到7点是什么时辰| 感冒喉咙痛挂什么科| 226是什么意思| 后背疼是什么原因引起的女性| 属虎五行属什么| 黄历冲生肖是什么意思| 胆红素高是怎么回事有什么危害| 舌苔白有齿痕吃什么药| 什么是胰岛素| 转氨酶高吃什么好得快| 红酒配什么菜| 围绝经期吃什么药调理| 香菜不能和什么一起吃| 丁香茶有什么作用和功效| 什么样的荷花| 7朵玫瑰花代表什么意思| 什么牌子的冰箱好| 胆囊壁稍毛糙是什么意思| 嗜睡挂什么科| 天天喝绿茶有什么好处和坏处| 晚上八点是什么时辰| 老上火是什么原因造成的| 荨麻疹要注意些什么| 心脏跳的快是什么原因| 黄体可能是什么意思啊| 太字五行属什么| 心肌缺血用什么药效果最好| 月经期体重增加是什么原因| 曲解什么意思| 喉咙有白点是什么原因| 双肺纹理增多增粗是什么意思| 处子之身是什么意思| 特约演员什么意思| 什么匆匆| 天龙八部是什么朝代| 郝字五行属什么| 聘书是什么| 河南有什么特产| 什么水果含铁量最高| 属蛇的本命佛是什么佛| 乳房胀痛是什么原因引起的| 甲亢是什么意思| 口契是什么字| lsp什么意思| 茯苓有什么功效| 喝雄黄酒是什么节日| 什么是结缔组织病| crew是什么意思| 姻亲是什么意思| 牙龈上火肿痛吃什么药| 佬是什么意思| 弱水三千什么意思| 喝酒头晕是什么原因| 梦见尸体是什么意思| 荔枝不能和什么一起吃| 鸟字旁与什么有关| 紫苏什么味道| 为什么不建议做融合手术| bcc是什么意思| 肌酐清除率是什么意思| 母亲节说什么| 囫囵吞枣是什么意思| app有什么用途| 桑葚什么季节成熟| 孕妇白细胞高是什么原因| 荔枝吃了有什么好处| hcg高代表什么| 斐字五行属什么| 安慰什么意思| 治疗便秘吃什么| 自述是什么意思| 苏联是什么国家| 梦见老婆出轨是什么预兆| 前列腺肥大吃什么药效果最好| 咳嗽咳白痰是什么症状| 梦见好多南瓜是什么意思| 为什么会得抑郁症| 什么颜色属水| 折耳猫什么颜色最贵| 仙代表什么生肖| 地主是什么意思| 头部ct挂什么科| 黄芩有什么功效| item是什么意思| 眉茶属于什么茶| 四月四号什么星座| 胃酸反流是什么原因| 宫颈糜烂是什么原因引起的| 九月二十是什么星座| 12颗珠子的手串什么意思| 凌晨四点醒是什么原因| 武警是干什么的| 心肾不交吃什么药| 香赞是什么意思| 万岁是什么意思| 百度Gaan na inhoud

痲锭カい18厩蝶¨厩筽網夹〃

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Nederlanders.
Nederlands  
Uitspraak: [?ne?d?rlɑnts]
Gepraat in: Nederland, Belgi? en Suriname, ook op Aruba, Cura?ao en Sint Maarten, daarna vooral in die Verenigde State, Kanada, Frankryk, Duitsland, Australi?, Nieu-Seeland, Indonesi? en Suid-Afrika
Gebied: Wêreldwyd
Totale sprekers: 24 miljoen (moedertaal)[1][2]
29 miljoen (totaal)[3] 
Rang: 37–48
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Nederfrankies
    Nederlands 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Benelux
Flag of Europe Europese Unie
Unie van Suid-Amerikaanse Nasies
Vlag van Aruba Aruba
Vlag van Belgi? Belgi?
Vlag van Cura?ao Cura?ao
Vlag van Nederland Nederland
Vlag van Sint Maarten Sint Maarten
Vlag van Suriname Suriname
Gereguleer deur: Nederlandse Taalunie
Taalkodes
ISO 639-1: nl
ISO 639-2: nld
ISO 639-3: nld 
Verspreiding van Nederlands in die wêreld
百度 要从更广阔的时代背景出发,从政治和全局高度充分理解深化党和国家机构改革的重要性、必要性和紧迫性,切实把思想和行动统一到中央的决策部署上来。

Nederlands ([?ne?d?rlɑnts] ) is 'n Wes-Germaanse taal wat deur meer as 24 miljoen moedertaalsprekers in die wêreld gepraat word. Die totale aantal sprekers word geskat op omtrent 29 miljoen. Behalwe dat Nederlands die amptelike taal van Nederland is, is dit ook 'n amptelike taal in Belgi? (amptelike taal van die Belgiese deelstaat Vlaandere en naas Frans is Nederlands ook een van die twee amptelike tale in die Brusselse Hoofstedelike deelstaat) en Suriname.

Nederlands is verder die amptelike taal van Aruba, Cura?ao en Sint Maarten in Suid-Amerika en die Karibiese gebied. In samewerkingsorganisasies word die taal erken in die Benelux, die Europese Unie, die Karibiese Gemeenskap en die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies. 'n Beraamde 95 persent van die Afrikaanse woordeskat is van Nederlandse oorsprong. Afrikaans het kenmerke van verskeie Nederlandse dialekte.

Die woord Nederlands word dikwels gebruik as sinoniem vir Standaardnederlands, wat deur die media gebruik en op skole onderrig word. Nederlands het egter ook 'n bre?re betekenis en word ook gebruik vir die Nederfrankiese variasies uit die Lae Lande, en soms ook die Nederlandse Kreole en Afrikaans (ook beskou as 'n halfkreool).

Taalkundige terme

[wysig | wysig bron]

In die Middeleeue word die Nederlandse taal meesal Duuts (Noord) of Diets (Suid) genoem, wat eintlik "volkstaal" beteken (diet "volk") en ter onderskeiding van die Latynse taal van die kerk en Frans wat die adel dien.

In sy gediftongeerde vorm Duits word hierdie term nog tot in die 17de eeu gebruik; later word na die Germaanse taal van die Nederlande as Nederduits verwys, in teenstelling met Opperduits (die Hoogduitse taal in Duitsland).

Nederduits is vandag net die taalkundige term vir die dialekte van Noord-Duitsland, wat nie aan die tweede Germaanse klankverskuiwing deelgeneem het nie. Die Engelse benaming vir Nederlands, Dutch, en ook die term Nederduits of Nederduitsch in die name van die Afrikaanse drie Susterskerke van Suid-Afrika, herinner nog aan die ou benaming.

In die ou Boererepublieke en die ou Kaapkolonie is Nederlands ook Hoog-Afrikaans genoem deur mense wat Afrikaans praat.

Klassifikasie

[wysig | wysig bron]
Nederfrankiese taalgebied in Europa

Nederlands is saam met Engels, Duits en ander taalvariante soos Fries en Luxemburgs 'n Wes-Germaanse taal. Nederlands is sterk verwant aan die Duitse taal, maar bevat ook vele ooreenkomste met Engels. Saam met Nedersaksies, Nederduits en Hoogduits (tans die standaardtaal in Duitstalige lande) behoort Nederlands tot die Kontinentale Wes-Germaanse groep van die Indo-Europese tale.

Verdeling

[wysig | wysig bron]

Verwante tale

[wysig | wysig bron]

Nederlands het die meeste ooreenkomste met Afrikaans. Afrikaans is dan ook 'n vermenging van Nederlandse dialekte wat 'n eie skryftaal ontwikkel het. Wes-Fries en Duits is die afsonderlike tale wat na aan die Standaardnederlandse taal staan en nog digterby sommige dialekte. Seeus, Nedersaksies en Limburgs word beskou as streektale; spesiale dialekte wat naby Nederlands staan. Die verwantskap met Engels is baie kleiner.

Sprekers

[wysig | wysig bron]
Die grootste Nederlands- en Afrikaanstalige gemeenskappe in die wêreld.

In Europa en ook ter wêreld is Nederlands, na Engels en Duits die grootste Germaanse taal. Nederlands het egter meer sprekers as die Noord-Germaanse tale gekombineer, Sweeds, Deens, Noors, Yslands en Faro?es.

Die grootste Nederlandstalige land is Nederland met meer as 16 miljoen moedertaal- of kultuurtaalsprekers. Daar is meer as ses miljoen eerstetaalsprekers in Belgi? en nog 'n paar miljoen wat Nederlands as tweede of derde taal kan praat. In die grensgebiede van Duitsland, Walloni? en Frankryk word Nederlands in dialekvorm gepraat. Besonder in Duitsland en Frankryk het hierdie sprekers meestal geen kennis van die Nederlandse standaardtaal nie en gebruik hulle hul dialekte steeds minder.

In Suriname is Nederlands die amptelike taal en omtrent almal kan die taal baie goed praat. Nederlands dien ook as omgangstaal tussen die verskeie bevolkingsgroepe en omtrent 60% van die bevolking praat Nederlands as eerste taal.

Op die Nederlandse Antille is Nederlands nie oorwegend die moedertaal of omgangstaal nie, maar wel Papiaments ('n Portugese kreool met Nederlandse en andere invloede) op die Benedewindse eilande (die ABC-eilande – Aruba, Bonaire en Cura?ao) en Engels op die Bowindse eilande (die SSS-Eilande). Die meeste Antiliane praat vlot Nederlands, Engels, Papiaments en Spaans.

In die Verenigde State van Amerika, Suid-Afrika, Kanada, Nieu-Seeland en Australi? woon Nederlandse en Vlaamse immigrante wat nog Nederlands praat. In Afrika is Nederlands verteenwoordig deur sy dogtertaal Afrikaans wat in Suid-Afrika deur meer as ses miljoen moedertaalsprekers gebesig word – en nog baie meer wat Afrikaans as tweede of derde taal aangeleer het.[4][5] In Namibi? kan ongeveer 85% van die populasie Afrikaans verstaan.[6]

Status

[wysig | wysig bron]

Nederlands is dikwels genoem as die kleinste wêreldtaal en is teenwoordig in Europa, Amerika en Afrika. Ook in 'n historiese opsig het Nederlands 'n relatief groot rol gespeel.

Huidige amptelike status

[wysig | wysig bron]
Nederlandstalige gebiede
Land Sprekers
Europa
Nederland 16 606 000
Belgi? 6 286 600 (1ste taal) (totaal)
Frankryk (Frans Vlaandere) +/- 100 000
Duitsland (Nederryn) ?
Amerikas
Suriname 291 971 (1ste taal, 60%) 486 618 (totaal)
Cura?ao 8 245 (1ste taal), 142 000 (totaal)
Aruba 6 286 (1ste taal), 103 065 (totaal)
BES-eilande (Bonaire, Sint Eustatius en Saba) 1 044 (1ste taal), 10 185 (totaal)
Sint Maarten 1 324 (1ste taal), 33 119 (totaal)
Kanada 160 000
Verenigde State 150 396
Oseani?
Australi? 36 179
Nieu-Seeland 16 347

Nederlands word sedert 1612 as amptelike taal in Nederland erken. In Belgi? is Nederlands die amptelike taal naas Frans en Duits en in Vlaandere die enigste amptelike taal. In die Brusselse Hoofstedelike deelstaat moet Nederlands die status deel met Frans. In Duitsland en Frankryk word Nederlands nie erken as minderheidstaal nie. In Suriname en op Aruba, Cura?ao en Sint Maarten (die voormalige Nederlandse Antille) geniet Nederlands ook die status as amptelike taal. Afrikaans, 'n dogtertaal, is een van die amptelike tale in Suid-Afrika en een van die erkende streektale van Namibi?.

In internasionale samewerkingsorganisasies is Nederlands een van die amptelike tale in die Benelux, die Europese Unie (deur die lidmaatskap van Belgi? en Nederland) en in die Karibiese Gemeenskap en die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies deur die lidmaatskap van Suriname.

Volgens die Nederlandse Taalunie se navorsingsverslag bevind Nederlands hom in die jaar 2017 nog in 'n gunstige, handhawende posisie as vernaamste voertaal in Nederland en Vlaandere. Die taal word in alle maatskaplike gebiede en situasies gebruik. Skaafplekkies sluit wel die handhawende rol op die internet (vernaamlik Wikipedia), musiek, die internasionaal geori?nteerde universiteite en as wetenskapstaal in. Die Taalunie stel voor Wikipedia-artikels moet verryk word, Nederlandse musiek moet in 'n bepaalde deel van die taalgebied stimuleer word, asook Nederlandstalige terminologie moet ontwikkel word wat ook goed genoeg vir populêre wetenskapstydskrifte is.[7][8][9]

Vroe?re amptelike status

[wysig | wysig bron]

Nederland en Belgi? was koloniale groot moondhede en het die Nederlandse taal oorsee saamgeneem. Die Nederlandse taal is erken as amptelike taal in:

Die Afrikaners of Boere in Suider-Afrika is grotendeels van Nederlandse afkoms en het hulself in Nederland vir die erkenning van Nederlands as amptelike taal beywer. Nederlands was in Afrika die amptelike taal in:

Die enigste taalmonument wat aan die Nederlandse taal gewy is, is in 1893 opgerig om die erkenning van Nederlands in die Britse kaapkolonie te gee.

Ook in Suid-Afrika was Nederlands amptelik erken. Die Oranje-Vrystaat sou Nederlands in 1854 as die enigste amptelike taal erken het. Die Kaapkolonie het Nederlands in 1882 erken as amptelike taal naas Engels en in 1893 is die Eerste Taalmonument opgerig om hierdie gebeurtenis te herdenk. Die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) het Nederlands as die enigste amptelike taal in 1888 erken.

In 1909 is die Zuid-Afrika-wet deur al vier provinsies aangeneem wat sou lei tot die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika. Volgens art. 137 van die Unie-grondwet, is "De engelse alsmede de hollandse talen" as amptelike tale van die Unie erken. Op 8 Mei 1925 is Afrikaans erken as amptelike taal van die Unie van Suid-Afrika. Volgens Wet 9 van 1925 is Afrikaans aan Nederlands gelykgestel, met terugwerkende krag tot 1910.

In 1961 het Suid-Afrika 'n nuwe grondwet gekry. Hiervolgens was Afrikaans en Engels die amptelike tale van die land, maar 'n klousule het bepaal dat by Afrikaans ook Nederlands bedoel word. Die grondwet van 1983 het Nederlands nie as amptelike taal erken nie. Ook is die sinonimiteit tussen Afrikaans en Nederlands in 1983 nie meer bevestig nie. Tussen 1910 en 1983 was Nederlands en Afrikaans egter amptelik sinonieme.[10]

Kenmerke

[wysig | wysig bron]

Standaardnederlands ken omtrent 40 foneme. In fonologiese opsig word sy spesiale karakter deur die Nederfrankiese grondslag bepaal. Die Nederfrankiese variasies het nie alle klankverskuiwinge (soos die tweede Germaanse klankverskuiwing wat Hoogduits be?nvloed het) meegemaak nie.

Woorde

[wysig | wysig bron]
Eva gee 'n voorbeeld in Nederlands

Nederlands is 'n ryk taal wat woorde betref, en bevat nou meer as een miljoen woorde, alhoewel vele nie juis meer in gebruik is nie. Nederlands het dikwels 2 woorde die as sinonieme funksioneer, 'n Germaanse erfwoord en 'n Romaanse leenwoord. Die Germaanse woord kom meestal in die spreektaal voor terwyl die Romaanse woord dikwels net vir formele tekste gebruik word.

Nederlands en ander Germaanse tale

[wysig | wysig bron]
Engels Fries Afrikaans Nederlands Nederduits Duits Sweeds Deens Noors
apple appel appel appel Appel Apfel ?pple ?ble eple
beech boek beuk beuk B??k Buche bok b?g b?k
book boek boek boek Book Buch bok bog bok
brown brún bruin bruin bruun braun brun brun brun
day dei dag dag Dag Tag dag dag dag
dead dea dood dood doot tot d?d d?d d?d, daud
enough gen?ch genoeg genoeg noog genug nog nok nok
finger finger vinger vinger Finger Finger finger finger finger
glass glês glas glas Glas Glas glas glas glass, glas
gold goud goud goud Gold Gold guld guld gull
hand han hand hand Hand Hand hand h?nd h?nd, hand
head holle hoof, kop hoofd, kop H??vd, Kopp Haupt, Kopf huvud hoved hode, hovud
high heech hoog hoog hoog hoch h?g h?j h?y, h?g
home hiem heim, tuis heim, thuis Haim Heim, Zuhause hem hjem hjem, heim
hook heak haak haak Haak Haken hake, krok hage, krog hake, krok
house h?s huis huis Huus Haus hus hus hus
many mennich menige menige mannig, mennig viele m?nga mange mange
moon moanne maan maan Maan Mond m?ne m?ne m?ne
no, nay nee nee nee nee Nein nej nej nei
old ald oud oud oolt alt gammal (?ldre, ?ldst) gammel (?ldre, ?ldst) gammel (eldre, eldst)
one ien een een een eins en en en, ein
ounce ?ns ons ons - Unze uns unse unse
snow snie sneeu sneeuw Snee Schnee sn? sne sn?
stone stien steen steen Steen Stein sten sten stein
two, twain twa twee twee twee zwei, zwo tv? to to
who wa wie wie wer wer vem hvem hvem
worm wjirm wurm wurm, worm Worm Wurm orm[11] orm orm[12]
Engels Fries Afrikaans Nederlands Nederduits Duits Sweeds Deens Noors

Spelling

[wysig | wysig bron]

Die Nederlandse spellingswyse is gebaseer op die Nederlandse Statebybel (wat in 1637 die eerste maal verskyn het), wat vandag baie verouderd is. In 1804 is die eerste amptelike spelling deur Mathijs Siegenbeek vasgestel. Hier is die Nederlandse letter IJ bekendgestel, wat as Y geskryf is, soos in Afrikaans.

Matthias de Vries en Lammart Allart te Winkel is die eerste redakteurs van die Woordenboek der Nederlandsche Taal en het in 1864 'n nuwe spelling ontwerp. Dit is in 1864 deur Belgi? en later in 1883 ook deur Nederland aanvaar. Dié spelling was moeilik en het naamvalle en dubbele klinkers bevat. In 1934 is die spelling verander en vereenvoudig tot die huidige weergawe.

In 1891 is egter 'n nuwe spelling deur Kollewijn ontwerp. Hierdie spelling was 'n vereenvoudiging van die moeilike Nederlandse spelling. Russisch moet nou Russies word en moeilijk moeilik, 'n spelling gebaseer op die beginsel skryf hoe jy praat. Hierdie spelling was in sekere gemeenskappe, veral in Vlaandere en in Suid-Afrika in gebruik geneem, maar nie amptelik aanvaar nie. In 1925 is die Kollewijn spelling as die spelling vir Afrikaans in Suid-Afrika aanvaar.

Verspreiding

[wysig | wysig bron]
Status van Nederlands in verskillende gebiede: ██ Moedertaal (Lae Lande & Suriname) ██ Ampstaal (administratief) ██ Moedertaal en tweede taal (nie-amptelik, uitsluitende Afrikaans in Suid-Afrika)

Die Nederlandse taal word veral in Wes-Europa, en in 'n mindere mate in Suid-Amerika en die Karibiese gebied gepraat. Aruba, Cura?ao en Sint Maarten is dan ook Nederlandse oorsese gebiede. In Suidoos-Asi? is kennis van die Nederlandse taal dikwels 'n voorvereiste vir werk in handel, geskiedenis, regswetenskappe en toerisme. Amsterdam is die grootste Nederlandstalige stad in die wêreld gevolg deur Rotterdam, Den Haag en Antwerpen (Belgi?). As Suider-Afrika in Nederlandse verband opgeneem word, is Kaapstad die grootste stad, Pretoria is dan die eerste stad agter Antwerpen. Die meeste vorme van die Nederlandse kreoletale het reeds uitgesterf, Afrikaans word soms beskou as 'n halfkreool. Nederlands word in 40 lande aan 220 universiteite onderrig en dié onderwys sluit dikwels ook Afrikaans in.

Belgi?

[wysig | wysig bron]
Tweetalige borde in Brussel

Nederlands is die grootste taal van Belgi? en word in sy dialekvorm nog steeds as omgangstaal gebruik. Van die totale Belgiese bevolking van tien miljoen praat ses miljoen Nederlands as moedertaal. Sedert 1970 word Belgi? amptelik in vier taalgebiede verdeel, 'n eentalig Nederlandse (Vlaandere), 'n eentalig Franse (Walloni?), 'n tweetalig Frans-Nederlandse (Brussel) en 'n Duitstalige gebied. Die taalgrens is in 1963 afgebaken.

Die taalkundige situasie van Brussel is tot 'n mate ingewikkeld. Alhoewel statistieke suggereer dat Nederlands hier nog net 'n ondergeskikte rol speel (slegs tussen sewe en vyftien persent van Brusselaars praat Nederlands as huistaal, veral in die noord-weste van die Brusselse agglomerasie), terwyl twee derdes van die bevolking Franssprekend is en 'n groeiende aantal medewerkers van Europese organisasies ander tale soos Engels praat, is Nederlands in 'n amptelik tweetalige hoofstad nogtans 'n voorvereiste in die arbeidswêreld.

Na raming kan 95 persent van alle Brusselaars vlot Frans en 28 persent vlot Nederlands praat. By sowat 'n derde van alle werkadvertensies is 'n uitgebreide kennis van albei tale 'n voorvereiste, en sowat 35 persent van alle ondernemings gebruik Nederlands vir hul interne kommunikasie en hul kontak met die owerheid. Nederlandskursusse is derhalwe meer gewild as ander taalkursusse.

In Walloni? is Nederlands nie 'n amptelike taal nie, maar Nederlandstaliges het in enkele munisipaliteite langs die taalgrens (sogenaamde faciliteitengemeenten) die reg om met die owerheid in Nederlands te kommunikeer. Ook is daar aan die Nederlands-Waalse grens 'n gebied waar sowel Nederlandse asook Duitse en Franse dialekte gepraat word. Hierdie gebied in Franssprekende Belgi? word die Platdietse streek genoem.

Nederland

[wysig | wysig bron]

Nederlands word in Nederland deur die oorgrote meerderheid van die bevolking as moeder- of tweede taal gebesig. In Friesland het ook Wes-Fries amptelike status.

Die gebruik van die Nederlandse standaardtaal (Algemeen Beschaafd Nederlands, ABN) het danksy die invloed van onderwys en die media steeds meer toegeneem – ten koste van die dialekte. Intussen oefen ook Engels sterk invloed op Nederlands uit. Die omgangstaal van jongmense toon soms sterk invloede van immigrantetale soos Turks, Arabies, Papiaments en Sranantongo.

Nederlandse Antille

[wysig | wysig bron]

Op die Nederlandse Antille, (Aruba, Cura?ao, Bonaire, Sint Maarten, Sint Eustatius en Saba) is Nederlands veral 'n onderwys- en bestuurstaal. Die onderlinge bevolking praat op die ABC-eilande veral Papiaments, 'n Portugese kreoolse taal met Nederlandse en andere invloede. Op die S-eilande word Engels gepraat. Nederlands is die taal van die skole en baie Antiliane wil in Nederland kom werk of studeer. Vir 'n klein aantal mense is Nederlands op die Antille die huistaal.

Suriname

[wysig | wysig bron]

Suriname was tot 1975 'n Nederlandse kolonie en Nederlands is die grootste taal van die land. 60 % van die bevolking gebruik Nederlands as eerste taal en vrywel alle mense praat Nederlands. Die verskeie bevolkingsgroepe in Suriname het egter ook hulle eie taal, maar Nederlands word, saam met Sranan, gebruik as omgangstaal. Nederlands is in Suriname beter veranker as op die Antille. Sedert 2005 is Suriname saam met Belgi? en Nederland lid van die Nederlandse Taalunie.

Frankryk

[wysig | wysig bron]
Die taalsituasie in Frans-Vlaandere

Frans Vlaams is die dialek wat gepraat word in die noordweste van Frankryk aan die Belgiese grens. Die aantal moontlike sprekers word geskat op 80 000 tot 100 000 mense, met 20 000 mense wat daagliks die taal gebruik en 40 000 wat die taal goed kan praat. Die taal het geen erkenning nie, die Nederlandse standaardtaal word nie gebruik nie en niks gebeur om die taal te bevorder of selfs te red nie. Die sprekers is dikwels ouer as 60 jaar alhoewel die jongeres nou Nederlands in die skool leer. Duinkerken en Rijsel (Lille) is oorspronklik Nederlandstalige stede wat verfrans het.

Duitsland

[wysig | wysig bron]
Verspreiding van Kleverlands in Duitsland

Die oorspronklike dialekte in die Duitse Nederrynstreek, die westelike Ruhrgebied asook dele van die Bergisches Land-streek kan in geskiedkundige opsig as Nederfrankies of Nederlands geklassifiseer word – alle Frankiese dialekte noord van die sogenaamde Uerdingse Lyn val in hierdie kategorie. Veral die Kleverlandse dialekte in Duitsland word dikwels as Nederlandse dialekte beskou.

In die meeste skole van die huidige administratiewe distrik Kleve (Nederlands Kleef) is Nederlands of Kleverlands nog in die 19de eeu as onderrigmedium gebruik.[13] Volgens sosio-linguistieke beginsels word die Nederfrankiese dialekte, wat deur die Duitse standaardtaal oorkoepel word, tans nie meer by Nederlands gereken nie en maak dus deel uit van die Duitse dialekkontinuüm.[14] Klein invloede van Nederlands kan nog steeds in plaaslike Duitse dialekte aangewys word.

Indonesi?

[wysig | wysig bron]
Kaart van Nederlands-Indi? in 1893

Toe die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie in 1799 bankrot gespeel het, is sy besittings in Oos-Indi? deur die Nederlandse staat oorgeneem. Groot dele van Sumatra, dele van Borneo, later ook Bali, is vervolgens verower. Nederlands-Oos-Indi? het uit 'n verskeidenheid gebiede sonder sentrale koloniale administrasie bestaan, waaronder handelsposte, plantasies en militêre basisse. Die koloniale owerhede het min belang in die bevordering van die Nederlandse taal en kultuur, die opbou van 'n onderwysstelsel met Nederlands as voertaal of enige ander nie-ekonomiese aktiwiteit gestel. Die hoofdoelwit was die ontginning van en handel met Oos-Indi? se natuurlike hulpbronne om maksimum-wins uit die kolonie te haal. Eers vanaf die vroe? 20ste eeu het Nederland begin om 'n moderne infrastruktuur met 'n skool- en gesondheidsstelsel op te bou.

Nederland se taalkundige en kulturele invloed was dus beperk, die gebruik van Nederlands as verkeers- en kultuurtaal selfs ongewens. Die taalbeleid van die koloniale owerheid was daarop gemik om Nederlandse taalkennis as 'n voorreg van die blanke bevolking en 'n klein inheemse elite te beskerm om enige eise van gelyke regte vir Javane, Balinese en ander inheemse volke te voorkom.

So het die getal Nederlandsprekendes eers in die 20ste eeu van slegs 5 000 in 1900 tot sowat 860 000 in 1942 gestyg. 'n Belangrike voorvereiste vir dié groei was die toelating van inheemse leerders tot onderwys in Nederlands. In 'n totale bevolking van 70 miljoen het Nederlandssprekendes egter 'n klein minderheid gebly.[15]

In Indonesi?, 'n Nederlandse kolonie tot 1949, is Nederlands tans dikwels 'n voorvereiste vir die studie van die geskiedenis en die regswetenskappe van Indonesi?. Nederlands is dus 'n belangrike akademiese bronnetaal. In Indonesi? self is daar nog steeds heelwat ou mense wat Nederlands verstaan en/of kan praat. Van die mense praat die kenmerkende Petjoh; 'n gekreoliseerde vorm van Nederlands. Dit word ook onder ouer mense van gemengde Nederlandse en Indonesiese afkoms (die sogenaamde Indo's of Indische Nederlanders) in Nederland gepraat. 'n Ander kreoolse vorm van Nederlands was Javindo, hierdie vorm is nou uitgesterf. Die Nederlandse taal word geleer op spesiale skole in Djakarta, Bandoeng, Soerabaja en Jogjakarta. Jaarliks leer meer as 10 000 studente Nederlands in Indonesi?. In die dorp Depok is Nederlands nog die dominante taal.

Verenigde State van Amerika

[wysig | wysig bron]
Verspreiding van Nederlands in die Verenigde State

In Noord-Amerika word teen die begin van die 20ste eeu nog wel Nederlands in 'n aantal dorpe gepraat; Nederlands dien toe dikwels as preektaal in die kerke, en daar verskyn ook Nederlandse koerante. Hierdie klein taalgemeenskappe het intussen verengels. Party van hierdie verengelste gemeenskappe -- soos in New Jersey en New York Stad -- dateer van groepe mense wat in die sewentiende eeu soontoe getrek het (Bergen County, Ramapough) en hul dialekte het baie na Seeus (Zeeland se dialek) gelyk.

Nederlands is egter nog steeds die huistaal van klein groepe immigrante in Kanada, Australi?, Nieu-Seeland en die Verenigde State, soos in Michigan (Holland, Overisel) en Iowa (Pella), wat van die 19de eeu stam. Nederlands is hierby 'n klein wêreldtaal.

Geskiedenis van Nederlands in Suid-Afrika

[wysig | wysig bron]
Hoofartikels: Geskiedenis van Nederlands en Erkenning van Nederlands.

Nederlandse taalgeskiedenis

[wysig | wysig bron]
Die taalgrens in Noord-Frankryk.
Die Nederlandse taalgebied in Europa
Die verspreiding van Nederlands (en Afrikaans)

Nederlands is 'n Wes-Germaanse taal. Die oudste taalvorm is Oudnederfrankies of Wesnederfrankies, wat in die "Lae Lande" van die Frankiese Ryk ontwikkel, alhoewel die taal ook onder die invloed van Fries en Saksies kom. Met die uitbreiding van die Saliese of Wes-Franke na die gebied van die huidige Nederland en Vlaandere ontstaan reeds vanaf die vierde eeu 'n Germaanse taalgebied op Romeinse gebied, wat later met die verowering van Noord-Galli? (486) ook na die Romaanstalige gebiede van die suide uitgebrei word. Die kontak met die Wesfranke oefen 'n groot invloed op die ontwikkeling van die Noord-Franse taal, die langue d'o?l, uit en lei tot die taalkundige skeiding van die suide, wat met onder meer Oksitaans, die langue d'oc sy eie taalvorm en kultuur ontwikkel (o?l en oc is die sjibboletwoorde vir 'ja', onderskeidelik in Noord- en Suid-Frankryk).

Die Indo-Europese taalwetenskap beskou Nederlands naas Nedersaksies en Oosnederduits as die westelike tak van die Nederduitse dialekgroep. Nederlands en die Nederduitse dialekte is nou verwant sodat sprekers van albei tale mekaar maklik kan verstaan. Nederduits is ook die taal waarin tydens die Tweede Vryheidsoorlog die politieke gesprekke tussen president Paul "Oom Paul" Kruger en die Duitse keiser Wilhelm II plaasvind.

In die 17de eeu is daar nog steeds inheemse bronne wat Nederlands by die Duitse taalgebied reken. Alhoewel Nederlands aanvanklik net soos Nederduits ondanks die klankverskuiwing nog nouverwant is aan Hoogduits en die Nederlandse dialekte geleidelik oorgaan na Nederduitse, is daar besondere omstandighede wat verseker dat Nederlands as 'n eie taalvorm kan ontwikkel.

Anders as die yl bevolkte Nederduitse vlaktes is Nederland en veral Vlaandere reeds vanaf die middeleeue digbevolkte gebiede met 'n groot verstedelikte bevolking en 'n ryk kulturele lewe en literatuur in die landstaal. Daar is minder kontak met die Hoogduitse taalgebied, aangesien die suidelike Nederlande (veral Vlaandere) al vroeg hul eie identiteit en kultuur ontwikkel en na die noorde uitbrei. Ook die vryheidsoorlog teen die Spanjaarde en die afsonderlike godsdienstige ontwikkeling deur die uitbreiding van die calvinisme in die noorde skep 'n klimaat wat die vorming van 'n eie nasionale bewussyn bevorder.

Die oudste Nederlandse grammatika, die Twe-Spraack dateer uit die 16de eeu. Hierdie boek is 'n aanset om die volkstaal te ontwikkel tot 'n standaardtaal. Begin 17de eeu word 'n vertaling van die bybel in Nederlands begin. Hierdie vertaling is in 1635 gereed en omdat dit 'n boek is wat in die hele taalgebied versprei het, het dit taalkundig 'n belangrike invloed gehad op die standaardtaal; baie woorde en uitdrukkinge wat vandag in die standaardtaal aanwesig is, is oorspronklik afkomstig uit die Statenbybel.

Die huidige Nederlandse standaardtaal berus op die Nederduitse skryftaal van die 17de eeu, waarby die woordeskat geleidelik met Brabantse en Hollandse vorme uitgebou is. 'n Ouer taalvorm is die verkeerstaal van die Hanse, wat vir die handel en wetenskap ontwikkel is en net soos in Noord-Duitsland ook eeue lank in Antwerpen, Brugge en Holland gebruik word.

In teenstelling met die huidige Hoogduits bewaar Nederlands talle Ou-Duitse woordvorme soos oorlog, lenen, kiezen (vergelyk Duits Kurfürst en auserkoren) en verbazen. Nederlands is nie deur die tweede Germaanse klankverskuiwing be?nvloed nie, waarby byvoorbeeld "t" tot "ss" en "z" (/ts/), "p" tot "f" en "pf" en "k" tot "ch" ontwikkel: Vergelyk Nederlands water met Duits Wasser, zout met Salz (/zalts/), kopen met kaufen, paard met Pferd en zoeken met suchen. Nederlands ondergaan ook party eie veranderings. In woorde soos zout (sout) het -al- of -ol- na -ou- verander.

Aan die begin van die 19de eeu word begin met die standaardisering van die spelling; die eerste spelling wat in groot gebruik raak is die spelling van Siegenbeek. Die spelling word nog verskeie male aangepas, waarna gestandaardiseer word op die spelling van De Vries en Te Winkel, in 1864 in Belgi? en in 1883 in Nederland. Die spelling van De Vries en Te Winkel blyk dusdanig bruikbaar dat, alhoewel daar enkele moderniseringe was, hy vandag nog altyd gebruik word. Ook in die Afrikaanse spelling is nog baie elemente uit die spelling van De Vries & Te Winkel aanwesig.

Danksy die kontak met die Franse taalgebied is daar vroe?r 'n groot aantal woorde uit Frans ontleen, waarby die Franse taal nog steeds 'n invloed op die Nederlands van Vlaandere uitoefen. Die wedersydse be?nvloeding tussen Frans en Nederlands kan byvoorbeeld gesien word in 'n woord soos mitrailleur; hierdie Franse leenwoord het as basis die Franse mitraille, wat op sy beurt afkomstig is uit die Germaanse woord maitan, wat binne Nederlands ge?volueer het tot mijt. Vandag kom die meeste leenwoorde in Nederlands uit die Engelse taal.

Die struktuur van die Nederlandse taal stem grotendeels ooreen met Nederduits, alhoewel die grammatika geleidelik vereenvoudig is. Die sinsbou is feitlik onveranderd.

Taalkundige terme

[wysig | wysig bron]

In die Middeleeue word die Nederlandse taal meesal Duuts of Diets genoem, wat eintlik "volkstaal" beteken ('diet' = volk) en ter onderskeiding van die Latynse taal van die kerk en die Frans van die adel dien.

In sy gediftongeerde vorm Duits word hierdie term nog in die 17de eeu gebruik; later word na die Germaanse taal van die Nederlande as Nederduits verwys, in teenstelling met Opperduits (die Hoogduitse taal in Duitsland).

Nederduits is vandag net die taalkundige term vir die dialekte van Noord-Duitsland, wat nie aan die tweede Germaanse klankverskuiwing deelgeneem het nie. Die Engelse benaming vir Nederlands, Dutch, en ook die term "Nederduits" of "Nederduitsch" in die name van die Afrikaanse drie Susterskerke van Suid-Afrika, herinner nog aan die ou benaming.

Nederlands as kultuurtaal in Duitse gebiede

[wysig | wysig bron]
Verspreiding van Nederduits in Denemarke, Noord-Duitsland en Nederland. Die gebied wordt soms ook Nedersaksies genoemd
Verspreiding van Nedersaksies in Noord-Duitsland en Nederland

Nederlandse en Vlaamse immigrante het hulle al in die 12de eeu in 'n aantal gebiede in Noord- en Sentraal-Duitsland gevestig, waaronder die streek tussen die Weser- en Elberiviermondings, in Oos-Holstein en veral in Brandenburg, Sakse en Thüringen. Dikwels is Nederlandse immigrante vanwe? hulle vaardighede as ambagsmanne en kunstenaars, maar ook vir die bou van dyke en die kolonisasie van Oos-Duitse grensgebiede deur Duitse vorste uitgenodig. Enkele generasies lank het Nederlands as die skryf- en omgangstaal van hele dorpsgemeenskappe gedien, maar is uiteindelik deur Duits verdring. Klein invloede van Nederfrankies kan nog steeds in plaaslike Nedersaksiese dialekte aangewys word.

In die 16de en 17de eeu het Nederlands nog eens 'n belangrike rol as kultuurtaal in Nederduitse gebiede gespeel. Reisende toneelgeselskappe uit Nederland het hulle opvoerings in Noord-Duitsland soms in Nederlands aangebied.[16] In die Nederduitse en Pruisiese kusgebiede, veral in hawestede soos Emden, Bremen, Hamburg, Lübeck, Rostock, Stettyn, Danzig en K?nigsberg (tans Kaliningrad), het Nederlands daarnaas ook as korrespondensie- en verkeerstaal en in die Skandinawiese en Baltiese gebiede as die taal van die skeepvaart gedien. Nederlandse skeeps-, seemans- en navigasieterme is vanaf die "Goue Eeu" (omtrent 1650) tot by die 19de eeu ontleen. Vir die navigasie-onderwys in Hamburg is in die tydperk tussen 1749 en 1810 Nederlandse vakboeke gebruik.[17]

Nederlands het sy grootste invloed vanaf die tydperk van die Protestantse Hervorming tot by die eerste helfte van die 19de eeu op die Duitse gebiede langs die Nederlandse grens uitgeoefen – in Oos-Friesland, die graafskappe Bentheim, Lingen en Steinfurt, die gebiede Gronau, Gemen, Werth en Anholt, die hertogdomme Kleve, Geldern en Jülich, die graafskap Moers en die keurvorstelike Keulense gebied Rheinberg het Nederlands as inheemse of vreemde skryf-, onderwys- en kerktaal gedien. In gevalle waar die plaaslike Nederduitse dialek nou verwant was aan Nederlands, het die taal naas Hoogduits 'n funksie as standaardtaal vervul, terwyl ook gereformeerde kerkgemeentes en Mennoniete om godsdienstige redes die voorkeur aan Nederlands gegee het.[18]

Nederlands as vreemde taal

[wysig | wysig bron]

Tans bied sowat 250 universiteite wêreldwyd kursusse in Nederlands aan. Skole in Walloni? (die Franssprekende gewes van Suid-Belgi?), Brussel en Noord-Frankryk bied Nederlands as 'n eerste of tweede vreemde taal aan.[19]

Daar is tientalle sekondêre skole in die Duitse deelstate Nedersakse en Noordryn-Wesfale (wat aan die Nederlandse taalgebied grens) waar Nederlands as 'n verpligte of addisionele taalvak aangebied word.

Taalunie

[wysig | wysig bron]
Die Nederlandse Taalunie: ██ Lidlande ██ Nie-Nederlandse taalgebied in lidlande ██ Spesiale verhoudings met die Taalunie ██ Andere gebiede waar Nederlands (of Afrikaans) gepraat word

Die Nederlandse Taalunie sorg vir die behoud en die bevordering van die Nederlandse taal. Die lede is Nederland, Belgi? en Suriname. Die Taalunie het ook 'n spesiale band met Suid-Afrika en Indonesi?. Daar het in die verlede dikwels stemme opgegaan om Suid-Afrika ook as lid te aanvaar. Suid-Afrika kan steeds lid word van die Nederlandse Taalunie, maar die huidige Suid-Afrikaanse regering sien daar geen heil in nie. Om die onwillige Suid-Afrikaanse regering te omseil, kan die Afrikaners as "groep" aansluit. Tog is daar baie min Afrikaners wat belangstel in nouer bande met Nederlands. Die Nederlandse vaktydskrif Onze Taal speel 'n aktiewe rol in die bekendstelling van Afrikaans in Nederland en Vlaandere.

Nederlanders, Vlaminge, Surinamers, Antilliane en Afrikaners kan mekaar sonder veel moeite begryp. Afrikaans staan dikwels digter by die Nederlandse Standaardtaal as menige Nederlandse dialekte in Europa. Sommige mense wil Afrikaans en Nederlands weer nouer sien saamwerk om sodoende 'n wal op te werp teen die toenemende verengelsing in die Suid-Afrikaanse- en Nederlandse bedryfslewe.

Nederlandse dialekte

[wysig | wysig bron]
Nederlandse dialekte
Suriname
Aruba
Cura?ao
Sint Maarten

Die kaart aan die regterkant gee 'n oorsig oor die verspreiding van die Nederlandse dialekte, alhoewel die meeste oorgangsdialekte nie vertoon word nie.

A. Suidwestelike dialekgroep (Seeus/Wes-Vlaams)

1. Wes-Vlaams, insluitende Frans-Vlaams en Seeus-Vlaams
2. Seeus

B. Noordwestelike dialekgroep (Hollands)

3. Suid-Hollands
4. Weshoeks
5. Waterlands en Volendams
6. Saans
7. Kennemerlands
8. Wes-Fries
9. Bildts, Midslands, Stadsfries en Amelands

C. Noordoostelike dialekgroep (Nedersaksies)

10. Kollumerlands
11. Gronings en Noord-Drents
12. Stellingwerfs
13. Midden-Drents
14. Suid-Drents
15. Twents
16. Twents-Graafskaps
17. Gelders-Overyssels
18. Veluws

D. Noordelik-sentrale dialekgroep

19. Utrechts-Alblasserwaards

E. Suidelik-sentrale dialekgroep

20. Suid-Gelders
21. Noord-Brabants en Noord-Limburgs
22. Brabants
23. Oos-Vlaams

F. Suidoostelike dialekgroep

24. Limburgs

G. Suriname (nie in die prent nie)

25. Surinaams-Nederlands

H. Aruba, Cura?ao en Sint Maarten (nie in die prent nie)

26. Antiliaans-Nederlands

Nederlandse Kreoolse tale

[wysig | wysig bron]
Suid-Afrikaanse provinsies met 'n meerderheid van Afrikaanstaliges. Daar is ook groot Afrikaanse gemeenskappe in die ander provinsies.

(* = bestaan nie meer)

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Dutch". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 25 April 2016.
  2. (nl) "Nederlands, wereldtaal". Nederlandse Taalunie. 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2012. Besoek op 16 Januarie 2012.
  3. (en) Europese Kommissie (2006). "Special Eurobarometer 243: Europeans and their Languages (Survey)" (PDF). Europa. Besoek op 16 Januarie 2012. "1% of the EU population claims to speak Dutch well enough in order to have a conversation." (bladsy 153)
  4. (en) "Census 2001 – Home language". Statistics South Africa. Besoek op 2 Februarie 2010.[dooie skakel]
  5. (en) "Census 2001: Primary tables South Africa: Census 1996 and 2001 compared" (PDF). Statistics South Africa. Statistics South Africa. 2001. p. 19. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 Desember 2014. Besoek op 26 Oktober 2010. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  6. (en) Bromber, Katrin; Smieja, Birgit (2004), "Globalisation and African languages: risks and benefits", Trends in Linguistics (Walter de Gruyter), bl. 1
  7. (nl) Taalunie: Het Nederlands is springlevend, maar... (10 Mei 2017)
  8. (nl) Taalunie: Publieksrapport Staat van het Nederlands (2017)
  9. (nl) Taalunie: Onderzoeksrapport – Staat van het Nederlands: Over de taalkeuzes van Nederlanders en Vlamingen in het dagelijks leven; pp. 266 Geargiveer 1 Junie 2019 op Wayback Machine
  10. (af) Petrus van Eeden: Afrikaans hoort by Nederlands. Brevitas 1998, bl.20.
  11. Beteken 'slang'. Die Sweedse woord vir 'worm' is mask.
  12. Kan sowel 'slang' as 'worm' beteken. Die gewone Noorse woord vir 'worm' is makk.
  13. (de) Jan Goossens: Niederdeutsche Sprache – Versuch einer Definition. In: Jan Goossens (red.): Niederdeutsch – Sprache und Literatur. Neumünster: Karl Wachholtz 1973, bl. 9-27
  14. (de) Herman Vekeman en Andreas Ecke: Geschichte der niederl?ndischen Sprache. Bern: Lang 1993, bl. 213-214
  15. (de) NEON Nederlands Online, Freie Universit?t Berlin: Struktur und Geschichte des Niederl?ndischen. Besoek op 18 Junie 2013
  16. (de) Mitzka, W.: Das Niederl?ndische in Deutschland. In: Niederdeutsche Studien. Festschrift für Conrad Borchling, Neumünster 1932, bl. 208
  17. (nl) Mitzka (1932), bl. 211; Steppes, O.: Het Nederlandsch als zeemanstaal in Neder-Duitschland. In: Wetenschap in Vlaanderen 4 (1939), bl. 134-139; Kluge, F.: Seemannssprache. Wortgeschichtliches Handbuch deutscher Schifferausdrücke ?lterer und neuerer Zeit. Halle 1911. Herdrukte uitgawe Kassel 1973
  18. (nl) Kremer, Ludwig: Nachbarn. Das Niederl?ndische als Kultursprache deutscher Gebiete. Bonn: Presse- und Kulturabteilung der Kgl. Niederl?ndischen Botschaft 1983, bl. 9-22
  19. (en) Nederlandse Departement van Buitelandse Sake The Dutch Language Geargiveer 1 Oktober 2006 op Wayback Machine

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Nederlands
Indo-Europese tale: Kentum-tale: Germaanse tale
Noord-Germaanse tale:
Deens | Faro?es | Noors (Bokm?l, Nynorsk) | Sweeds | Yslands
Wes-Germaanse tale:
Afrikaans | Duits | Engels | Fries (Noord-Fries, Oos-Fries/Saterfries, Wes-Fries) | Jiddisj | Limburgs | Luxemburgs | Nederduits | Nederlands (Oos-Vlaams, Wes-Vlaams) | Nedersaksies (Wes-Veluws) | Skots
Oos-Germaanse tale:
Boergondies (?) | Goties (?) | Vandaals (?)

喝什么利尿效果最好 灰指甲用什么药好 内鬼是什么意思 什么的笋 抓包是什么意思
污垢是什么意思 什么人不适合普拉提 水印是什么意思 什么辉煌四字词语 一什么明珠
aoc是什么意思 肌红蛋白偏低说明什么 奥美拉唑治什么胃病 子宫肌壁回声不均匀是什么意思 西凤酒什么香型
下午三点多是什么时辰 打hcg针有什么作用 从什么不什么四字词语 比中指是什么意思 荷叶泡水喝有什么功效
知了什么inbungee.com 眼白有点黄是什么原因hcv8jop6ns9r.cn 咪咪是什么hcv8jop7ns7r.cn 胃糜烂要吃什么药hcv8jop9ns6r.cn 1月21日什么星座hcv9jop3ns3r.cn
肠镜活检意味着什么hcv8jop0ns5r.cn 沙中土命什么意思hcv9jop4ns9r.cn 籍贯一般写什么hcv8jop1ns6r.cn 股票融是什么意思xinmaowt.com 老人流口水是什么原因引起的hcv7jop6ns1r.cn
二氧化碳低是什么原因hcv8jop7ns2r.cn 什么药能提高免疫力hcv8jop7ns0r.cn 87年属什么的生肖hcv8jop9ns4r.cn 游泳有什么好处hcv9jop4ns7r.cn 什么叫匝道hcv8jop9ns2r.cn
就诊卡号是什么hcv9jop7ns9r.cn 载脂蛋白a1偏高是什么原因hcv8jop6ns1r.cn 啤酒鸭可以放什么配菜ff14chat.com 504是什么意思hcv9jop3ns3r.cn 痨病是什么病inbungee.com
百度